AGT-LEPEL-POEDING

8  eetlepels botter                                                         8 eetlepels appelkooskonfyt

8  eetlepels koekmeelblom                                            8 eetlepels suiker

10ml koeksoda                                                             500ml melk

 

Smelt botter  en konfyt oor lae hitte in 'n kastrol.

 Meng koekmeel en suiker.

 Los koeksoda in melk op en meng met droe bestanddele.

Voeg gesmelte botter en konfyt by.

 Roer om goed te meng.

Die mengsel is loperig. Gooi in 'n gesmeerde bak, sit deksel op en bak in voorverhitte oond van 180C tot bruin.

Warm Sjokoladedrankie

2 porsies
500 ml melk
200 g melksjokolade (Lindt se ekstra fyn melksjokolade)
125 ml room, styfgeklop
Kakaopoeier, om bo-op te sif

Breek die sjokolade in blokkies en voeg by die melk in ‘n kastrol. Verhit saam oor lae temperatuur. Roer totdat sjokolade gesmelt is. Gooi in glase of bekers en skep styfgeklopte room bo-op. Sif ‘n klein bietjie kakao oor.

Lekker PANNEKOEK

1 koppie meel

1 teelepel bakpoeier

½ teelepel sout

2 eiers

2 koppies melk

1 eetlepel botter wat gesmelt is

Bietjie kookolie

 

Klits die meel, bakpoeier, sout, eiers en melk 8 minute lank. Laat dit vir ten minste 30 minute staan. Roer die gesmelte botter by en meng deeglik.

Verhit net genoeg olie in ´n pan om die bodem te dek. Gooi net genoeg beslag in die pan om die bodem te dek. Draai die pannekoek om as dit borreltjies maak. Dit moet uit as dit goudbruin is

Oorskiet visdis

Oorskiet vis, gepluis
1 ui, opgekap
Aartappels, gaar en in blokkies gesny
Pietersielie
Knoffel
Gemaalde peper

Braai uie in botter en voeg knoffel by.
Gooi opgekapte aartappels by en braai bietjie.
Voeg die vis en gemaalde peper by en laastens sprinkel pietersielie oor, bedien op rys.

Marshmallow Tert

1 blik kondensmelk
1 blik crushed pynappels
1 pakkie tennis- of mariebeskuitjies
botter

Gesnipperde marshmallows
Meng kondensmelk, pynappels en marshmallows goed saam.
Krummel kors van mariebeskuitjies of tennisbeskuitjies met botter
Giet mengsel bo-oor kors en plaas in yskas om te stol.

Geroomde groenbone en sampioene

1 ui
1 rooipeper
1 knoffelhuisie
500g groenboontjies
125ml groenteaftreksel
sout en swartpeper
250g sampioene
125ml suurroom
125ml neute

Soteer die ui, peper en knoffel. Voeg die boontjies by en roerbraai 5 minute. Voeg die aftreksel en geurmiddels by, bedek en prut 15 minute tot die boontjies sag is. Voeg die sampioene by en prut nog 5 minute. Skep in ‘n bedienbak, gooi die room en neute oor en bedien.

Dadelbrood

375g fyn gekerfde dadels                      5ml koeksoda

125g margarien in klein blokkies gesny   250ml kookwater

190ml suiker                                       1 eier, geklits

5ml vanilla essens                                500ml meelblom

5ml bakpoeier                                     125ml gekapte neute

 

Plaas die dadels, margarien en koeksoda in 'n mengbak. Gooi kookwater bo-oor. Roer en laat staan om koud te word. Klits eier, suiker en vanillaessens goed en gooi by die dadelmengsel. Sif meelblom en bakpoeier saam en vou by die dadelmengsel in. Gooi neute by en meng goed. Bak 1 uur lank in 'n voorverhitte oond van 180C in 'n gesmeerde broodpannetjie.

Heerlike Hoender

1 hoender of hoenderporsies
1 pakkie dik groentesoppoeier
Half koppie mayonnaise
Half koppie tamatiesous
Half koppie blatjang
500 ml water

Meng al die bestanddele en gooi oor die hoender. Bak vir 2 ure by 160 ºC.

Kaasskons

1 eier
Halwe koppie olie
1 koppie melk
2 koppies bruismeel
1 teelepel bakpoeier
1 koppie gerasperde beleë cheddar kaas
Halwe teelepel rooipeper
1 teelepel sout

Metode

 

Meng al die bestanddele goed en bak vir 20 minute teen 200 ºC

SUURLEMOENSKUIMPOEDING

Die nagereg-weergawe van suurlemoenmeringuetert.

 

500ml melk                                                                   50ml vlapoeier 

50ml kondensmelk of strooisuiker                                  5ml suurlemoen, gerasperde skil en sap

1 pakkie tennisbeskuitjies, fyngedruk                             4 groot eierwitte

250g strooisuiker

 

Voorverhit die oond tot 200C. Meng 50 ml melk met die vlapoeier in ’n klein beker. Verhit die res van die melk tot dit net begin kook. Gooi die vlamengsel daarby en roer tot dit verdik. Haal van die plaat af en roer die kondensmelk en die suurlemoenskil en -sap daarby in. Sprinkel die fyngedrukte koekies oor die bodem van ’n gesmeerde oondvaste bak of individuele bakkies. Skep die vlamengsel oor die koekiekors. Klop die eierwitte tot stywe punte vorm. Voeg die strooisuiker bietjies-bietjies by en klop goed ná elke byvoeging. Klop dit tot styf en skep dit bo-op die vla. Bak vir 15 tot 20 minute in ’n voorverhitte oond tot goudbruin

KLASSIEKE SAGO-POEDING

Die oorspronklike resep bevat altyd appelkooskonfyt, maar aarbeikonfyt is net so lekker daarby.

 

140g sago                                                                    750ml melk

100g suiker                                                                   knippie sout

25ml botter                                                                   2 eiergele

50ml aarbeikonfyt                                                          4 eierwitte

100g suiker

 

Verhit oond tot 180C. Gooi sago in ’n sif en spoel af met koue water. Gooi sago daarna in ’n kastrol saam met melk en verhit stadig. Kook oor lae hitte totdat dit deurskynend is. Haal kastrol van hitte af en voeg 100g suiker, sout en botter by. Dan kom die geklitste eiergele by en meng goed. Skep mengsel in gesmeerde bakkies of koppies. Stip aarbeikonfyt bo-op. Klits eierwitte styf en voeg suiker lepel vir lepel by. Dit moet ’n stywe meringue vorm. Skep of spuit die meringue bo-op die sagovulsel. Bak in warm oond vir 20 minute. Lewer 6 porsies.


 

DROËVRUGTESLAAI MET SPESERYE

100g droë vye, gehalveer                                               100g droë appelkose

100g pruimedante, ontpit                                               45ml bruinsuiker

250ml warm rooibostee                                                  1 kaneelstok

1 heel steranys

 

Verhit alles saam in 'n pot oor lae hitte tot die suiker gesmelt is. Prut liggies, sonder 'n deksel, tot stoperig en die vrugte sag is. Sit voor met dik vla. Lewer 3-4 porsies.

Grondboontjiebotterbroodjie

500ml gesifte meel                               125ml suiker

10ml bakpoeier                                    5ml sout

187ml grondboontjiebotter                    1 eier (goed geklits)

250ml melk

 

Sif die droë bestanddele en die suiker saam. Werk die grondboontjiebotter met 'n vurk daarin. Voeg die eier by en meng dit verder met die vurk. Voeg die melk by, meng dit goed en gooi dit in 'n gesmeerde broodpannetjie. Bak dit 50-60 minute lank in 'n matige oond by 180C. Dien op met botter gesmeer

Tropiese Piesangbrood


250ml rosyne                                      425g pynappelstukkies, sonder sap
45ml lemoensap                                  125g botter
125ml bruinsuiker                                1 eier, geklits
500ml fyngedrukte piesangs                  500ml bruismeel
2ml sout                                             5ml gemengde speserye

Voorverhit die oond tot 180C. Meng die rosyne, pynappel en lemoensap in afsonderlike bak. Klits die botter en suiker saam tot liggeel en donserig. Voeg dan die eier en fyn gemaakte piesang by. Sif die meel, sout en gemengde speserye. Voeg die piesangmengsel by en meng dan die geweekte rosyne en pynappel by. Plaas in 'n gesmeerde broodpannetjie en bak vir 1uur 15 minute of tot goudbruin en gaar. Laat afkoel.


Gesondheidsbroodjie

3 koppies volkoringmeel                        1 koppie koekmeel

1 teelepel koeksoda                             1 teelepel bakpoeier

1 teelepel sout                                     ½ koppie sonneblomsade

2 koppies ongegeurde jogurt

 

Meng al die bestanddele saam en bak vir 45 minute by voorverhitte oond van 200C. Skakel oond af en laat vir 'n verdere 15 minute voor dit uitgehaal word.

 

PotBrood

Bestandele:

10 Koppies meelblom of broodmeel

1 Teelepel sout

1 Pakkie kitsgis (groen pakkie)

750ml Warm water

2 Teelepels (10ml) kookolie

2 Teelepels (10ml) suiker

So maak mens:

        Meng alle bestandele en knie goed.

        Rys vir een uur

        Bak met 'n temperatuur van 180°C vir 1 uur

 

Pannekoek

1 koppie meel
1 teelepel bakpoeier
½ teelepel sout
2 eiers
2 koppies melk
1 eetlepel botter, gesmelt
kookolie

Klits die meel, bakpoeier, sout, eiers en melk 8 minute lank. Laat dit vir ten minste 30 minute staan. Roer die gesmelte botter by en meng deeglik.
Verhit net genoeg olie in ´n pan om die bodem te dek. Gooi net genoeg beslag in die pan om die bodem te dek. Draai die pannekoek om as dit borreltjies maak. Dit moet uit as dit goudbruin is


Hoender Vlerke

Bestanddele vir knoffel hoender resep vlerke:

6 hoender vlerke
1 eetlepels Knoffel Gemmer-plak
2 eetlepels meel
2  eetlepels meel
2 eiers (geklits)
n kwart  teelepel peper
'N knippie suiker
sout na smaak
1 eetlepel soyasous
olie

Voorbereiding van die Sjinese hoender vlerke:

In 'n bak voeg soyasous, gemmer-knoffel plak, suiker.
Voeg hoender vlerke by en braai tot gaar
Geniet dit !!!

Braaivleis Mielietert

2 blikke room suikermielies
60 ml koekmeelblom
15 ml bakpoeier
60 ml suiker
4 eiers
30 ml gesmelte botter/margarien
1. Meng droë bestanddele saam. Voeg die res by en meng.
2. Gooi mengsel in gesmeerde bak. Bak 1 uur of tot goudbruin in oond (180C)

Polonie Vetkoekies

2 koppies meelblom
1 teelepel sout
1/2 teelepel peper
1 eier
1 koppie melk
1 koppie gerasperde knoffelpolonie

Sif die droë bestanddele saam en voeg die geklitste eier en melk by.
Voeg die polonie by en meng deeglik.
Skep lepelsvol in warm vlak olie en braai bruin aan albei kante.

Search this website

Search Options
Headings Only    
All Content